Repository logo
 

Die kapitalisme en sosialisme in die lig van die werklikheid in Swart-Afrika met besondere verwysing na die Afrika-gebonde staatsfilosofie van kontemporere Tanzanië.

Loading...
Thumbnail Image

Date

1980

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

Abstract

Sedert die Tweede W!reldoorlog is daar buiten en behalwe die talle artikels en boeke van Nyerere en ander voorstanders van die Afrikasosialisme veel gepubliseer oor die vooruitsigte van die kapitalisme sowel as die kommunisme in Swart-Afrika. Die algemene indruk wat deur hierdie geskrifte geskep word, is dat nog die Westerse sosialisme, nog die doktrinere Leninistiese Marxisme, nog die kapitalisme, onveranderd op die konkrete toestande in Swart-Afrika toegepas kan word. Tot vandag toe is hierdie kontinent besonders eiesoortig, 5005 Scipio Africanus reeds ingesien het, toe hy beweer het dat daar altyd weer iets nuuts uit Afrika verwag kan word ("Ex Africa semper aliquid novit"). In hulle strewe om getrou aan hulleself te wees en teen die hele wereld vry te bly, word die Afrikane deur enkele beslissende faktore in 'n sterk posisie gehou. Eerstens is daar fisieke faktore, 5005 hulle huidskleur en tiperende gelaatstrekke wat die Afrikane van die meeste ander volkere op aarde onderskei en hulle help om van hulle eiesoortigheid bewus te bly. Verder en bowenal is dit die besondere aardrykskundige omstandighede van Afrika wat sy inboorlinge aanmoedig om hulle tradisionele lewenswyse wat hierby aangepas is nie maklik prys te gee nie. Sedert hulle die koloniale juk gedurende die afgelope kwarteeu afgeskud het, het hulle by die Verenigde Volkere -Organisasie en elders al hoe uitdrukliker opgeval as mense wat eiesourtig doen, dink en voel. Die Afrika-persoonlikheid kom besonder duidelik tot uitdrukking in die wyse waarop die Afrikane die kommunisme en die kapitalisme teen mekaar uitgespeel en van albei en almal wat in hulle belang stel deeglik gebruik maak. Dit is veral na aanleiding van hierdie opvallende selfgeldingsdrang dat die onderhawige verhandeling tot stand gekom het onder die titel: "Die Kapitalisme en Sosialisme in die Lig van die Werklikheid in Swart-Afrika, met besondere verwysing na die Afrika-gebonde Staatsfilosofie van kontemporere Tanzanie.

Description

Thesis (M.A.)-University of Durban-Westville, 1980.

Keywords

Tanzania--Politics and government., Theses--Political science.

Citation

DOI