Browsing by Author "Prinsloo, Loraine."
Now showing 1 - 2 of 2
- Results Per Page
- Sort Options
Item Marlene van Niekerk se Agaat (2004) as 'n postkoloniale plaasroman = Marlene van Niekerk's Agaat (2004) as a postcolonial farm novel.(2006) Prinsloo, Loraine.; Visagie, Andries G.This study examines Agaat (2004), the second novel in the oeuvre of Marlene van Niekerk, as both a postcolonial text and a farm novel. Firstly a theoretical perspective is given on postcolonialism, with specific reference to typical phenomena in Afrikaans postcolonial literature. Subsequently, a short historical overview is given of the Afrikaans farm novel by distinguishing between "normative" farm novels and "contesting" farm novels. Typical characteristics of the Afrikaans farm novel are also discussed. By discussing three key aspects of Marlene van Niekerk's Agaat, I demonstrate why Agaat can be seen as a postcolonial text and how this novel differs from earlier Afrikaans farm novels. The first aspect is the representation of coloured people within the household, specifically focussing on Agaat Lourier's powerful role as worker for the De Wet family on Grootmoedersdrift, as well as the hierarchical shift of Agaat's position on the farm from worker to owner of the farm after Milla de Wet's death. In Agaat (2004) the coloured worker is given a voice, something that did not readily occur in earlier farm novels in the first half of the twentieth century (Coetzee, 2000: 2). An important question that receives attention in this study, is how the identity of Agaat is formed by Milla who trains Agaat to behave in a certain way. Does Agaat lose her identity when she is colonised by Milla mimicking Milla's behaviour, and does she then become a product of Milla becoming "almost the same, but not quite" (Bhabha, 1994: 86)? The second key aspect deals with the role and representation of women characters in Agaat (2004). Here attention is paid to Agaat and Milla who jointly rule the farm and its inhabitants resulting in a constant power struggle between these two women. In Agaat (2004) patriarchal authority is undermined and the relationship between Milla and Agaat, as Neil Cochrane (2005: 216) points out, can be seen as a replica of the relationship between the coloniser (Milla) and the colonised (Agaat). The third key aspect focuses on land and landownership, by referring to relevant literature such as Ampie Coetzee's 'n Hele os vir 'n ou broodmes. Grond en die plaasnarratief sedert 1595 (2000). The issue of land ownership is foregrounded in Agaat (2004), as in lM Coetzee's Disgrace (1999), when Agaat becomes the owner of the farm after Jakkie (Milla's son) returns to Canada where he works as an ethnomusicologist. With my focus on the three aspects mentioned above I assess Marlene van Niekerk's contribution to the development of the Afrikaans farm novel within a postcolonial context.Item Motivering by die leer van Afrikaans as tweedetaal (t2) en die bereidwilligheid om Afrikaans te praat : ’n gevallestudie by die skool vir opvoedkunde, Universiteit van KwaZulu-Natal.(2017) Prinsloo, Loraine.; Alant, Jacob Willem.Hierdie kwalitatiewe kritiese gevallestudie ondersoek en lewer verslag oor Afrikaans-tweedetaalonderwysstudente, wat ingeskryf het vir die module Afrikaans Kommunikasie 110 by die Skool vir Opvoedkunde aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, se motivering om Afrikaans te leer en hulle bereidwilligheid om Afrikaans te praat. Die volgende twee sleutelnavorsingsvrae word behandel, naamlik: (a) Wat is onderwysstudente se persepsies van hulle motivering om Afrikaans te leer? en (b) Wat is onderwysstudente se persepsies van hulle bereidwilligheid om Afrikaans te praat? Die eerste doelwit is om te beskryf wat onderwysstudente se persepsies is van hulle motivering om Afrikaans te leer. Daar word op Dörnyei (1994) se raamwerk vir tweedetaal-motivering gesteun. By die tweede navorsingsvraag word die klem geplaas op die onderwysstudente se persepsies van hulle bereidwilligheid om Afrikaans te praat en word MacIntyre (1994) se bereidwilligheid om te kommunikeer (BOK)-model voorgehou. Die konteks van die leer van Afrikaans in ’n provinsie waar dit statisties as minderheidstaal gesien kan word, word deurgaans in ag geneem. By navorsingsvraag 1 het die data-insamelingsproses eerstens geïdentifiseer wat die onderskeie deelnemers se motiveringsvlakke is om Afrikaans te leer. Deelnemers het aan die begin van die semester ’n vraelys voltooi en een-tot-een opvolgonderhoude is met hulle gevoer. Vir navorsingsvraag 2 is ’n fokusgroep gekies. Opnames is gemaak van die fokusgroep se gesprekke in Afrikaans in verskillende kommunikatiewe situasies. Deelnemers is die geleentheid gegun om tydens die opvolgonderhoude oor hierdie interaksies te besin. Die data wat vir beide navorsingsvrae 1 en 2 ingesamel is, is in beheerbare eenhede opgebreek en gekodeer. ’n Lys van kernpersepsies is dienooreenkomstig opgestel. Met betrekking tot navorsingsvraag 1, het die data-ontleding gefokus op drie aspekte: die deelnemers se persepsies van hulle gevoelens oor Afrikaans, die deelnemers se persepsies van die leer van Afrikaans oor die algemeen, asook hul persepsies van die leer van Afrikaans op universiteit. Die studie het bevind dat deelnemers wat gemotiveerd was om Afrikaans op skool te leer, hoofsaaklik ook gemotiveerd is om Afrikaans op universiteit te leer. Hierdie motivering blyk meer ekstrinsiek te wees. Invloede sluit in persepsies van die kurrikulumvereistes, persepsies van die taal en gevoelens oor die leer van die taal. Die rol van die leerkrag in die klaskamer het in die deelnemers se persepsies van hulle motivering om Afrikaans te leer na vore getree. Vir navorsingsvraag 2 het die data-analise bepaal wat die deelnemers se persepsies is van hulle bereidwilligheid om Afrikaans oor die algemeen te praat en hul bereidwilligheid om Afrikaans in spesifieke kommunikatiewe situasies in die Afrikaans Kommunikasie 110-klas te praat. Die studie het bevind dat dié wat gemotiveerd is om Afrikaans op universiteit te leer, nie noodwendig ook bereidwillig is om Afrikaans in die klaskamer te praat nie. Hulle bereidwilligheid om Afrikaans in die klaskamer te praat, hang af van ’n reeks faktore. Hierdie faktore is veral situasioneel van aard en gaan gepaard met deelnemers se persepsies van hulle eie praatvermoë en die gespreksituasie, waarvan die onderwerp, die aantal gespreksgenote en hul bereidwilligheid om in Afrikaans te kommunikeer, deel vorm. Hierdie proefskrif dra by tot die diskoers oor onderwysstudente wat hulself as potensiële Afrikaansleerkragte sien en dié wat hulself nie in daardie professionele rol sien nie. Belangrike ooreenkomste en verskille tussen hierdie twee groepe se motivering om Afrikaans te leer en hulle bereidwilligheid om in Afrikaans te kommunikeer, het deur die bespreking van die twee navorsingsvrae op die voorgrond getree. Pedagogiese implikasies wat verband hou met studente se motivering om Afrikaans as tweedetaal te leer, en hulle bereidwilligheid om dit te praat in ’n provinsie waar hul blootstelling aan Afrikaans buite die klaskamer beperk is, is ook in ag geneem en bespreek.