Repository logo
 

Die ontwikkeling van die Afrikaanse Hoerskool in Natal met spesiale verwysing na Hoerskool Port Natal.

Loading...
Thumbnail Image

Date

1989

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

Abstract

This study is about a minority group which settled amongst a larger group which had dominated education and other cultural spheres. The focus is on the struggle by the Afrikaans-, previously Dutchspeaking, minority group in Natal for the right to educate their children in their own language, in their own schools. The dissertation traces general developments in the field of education prior to the Anglo Boer War and briefly views the situation during the War. In the next phase (1902 - 1910) the establishment of the early C. N. E. and church schools is under scrutiny. The focus then shifts more specifically to the context in which the first Afrikaansmedium High School in Natal was established, namely the Hoerskool Voortrekker in Pietermaritzburg. A detailed rendering is given of the conflicts surrounding the establishment of this school. The study then moves to the Durban area and traces the developments surrounding the founding of an Afrikaans medium High School there. A detailed overview is given of all aspects of the Hoerskool Port Natal since its establishment in 1941. Towards the last section, the study broadens its focus again in describing the developments in the whole of Natal, with specific reference to high schools. In the final analysis it compares briefly the uphill struggle for Hoerskool Voortrekker to be established, with the relative success story of Hoerskool Port Natal and it suggests various tentative reasons for these differences. OPSOMMING Hierdie studie gaan om ’n minderheidsgroep wat hul tussen n meerderheidsgroep, wat die onderwys en ander kultuuraspekte oorheers het, kom vestig het. Die fokus is op die stryd wat die Afrikaans-, vroeër Hollandssprekende, minderheidsgroep gehad het vir die reg om hul kinders in hul eie taal, in hul eie skole, te laat onderrig. Die verhandeling speur die algemene ontwikkeling op onderwys-gebied voor die uitbreek van die Anglo-Boere-oorlog na en gee ook 'n oorsig van die toestande gedurende die oorlog. Die volgende fase (1902 - 1910) handel oor die stigting van die C. N. 0.- en kerkskole. Die klem verskuif dan meer spesifiek na die toestande waaronder die eerste Afrikaanse hoërskool in Natal, die Hoërskool Voortrekker in Pietermaritzburg, tot stand gekom het. Daar word 'n volledige verslag oor die stryd en probleme wat, met die stigting van hierdie skool ondervind is, gegee. Die studie verskuif dan na die Durbangebied en vors die ontwikkeling van die eerste Afrikaansmedium hoërskool in die ge- bied na. 'n Volledige studie, wat al die aspekte rondom die stigting en ontwikkeling van die Hoërskool Port Natal dek, word gegee. In die laaste afdeling verbreed die studieveld en fokus op die beskrywing van die ontwikkeling van Afrikaansmedium hoërskole in die res van Natal. In die finale analise word daar 'n vergelyking getref tussen die opdraende stryd wat daar gestry is met die totstandkoming en voortbestaan van die Hoërskool Voortrekker, teenoor die relatiewe suksesverhaal van Hoërskool Port Natal en word daar verskeie moontlike redes vir hierdie verskille aangevoer.

Description

Thesis (M.Ed.)-University of Natal, Durban, 1989.

Keywords

Hoerskool Voortrekker., Education, Secondary--South Africa--History., Theses--Education.

Citation

DOI