Repository logo
 

'n Kritiese evaluering van geselekteerde aspekte van die gebruik van mikrorekenaars in skooladministrasie en bestuur met spesifieke verwysing na sekondere skole onder beheer van die Natalse Onderwysdepartement.

Loading...
Thumbnail Image

Date

1986

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

Abstract

Hierdie dissertasie is ‘n beperkte studie wat die gebruik van die rekenaar in skooladministrasie en -bestuur ondersoek. Mikrorekenaars het oor die afgelope paar jaar algemeen beskikbaar geraak en, die gebruik daarvan in skole vir akademiese sowel as vir administratiewe doeleindes het spontaan ontwikkel. Ervaring in lande soos Engeland, Skotland, Kanada en die VSA het egter sekere sleutel-aspekte in sodanige ontwikkeling aangetoon wat die optimum benutting van die mikrorekenaar in administrasie en bestuur kan bevorder. Daar is daarom, deur middel van onderhoude in Skotland en Engeland, gepaard met ‘n omvattende lektuurstudie van die situasie in hierdie lande asook in die VSA en Kanada, vier van hierdie sleutelaspekte gefindentifiseer. ‘n Empiriese studie in sekondere skole van die Natalse Onderwysdepartement het getoon dat daar nog groot onsekerheid en gebrek aan ervaring ten opsigte van rekenarisering in hierdie skole heers. Verder was dit duidelik dat hierdie skole gevaar loop om die foute wat in baie ander lande begaan is, te herhaal. Die dissertasie word afgesluit deur gevolgtrekkings en aanbevelings wat moontlik daartoe kan lei dat die slaggate wat aangetoon is, vermy kan word en die voordele van ‘n goed beplande, effektiewe rekenaargesteunde administrasie en bestuurstelsel geniet kan word. This dissertation is a restricted study in which the use of the computer in school administration and management is investigated. Micro-computers have become available over the past few years and their use in schools for academic and professional as well as administrative purposes has developed spontaneously. Experience in countries such as England, Scotland, Canada and the USA has shown certain key aspects in this development in which the optimum use of the micro-computer can be improved. Through interviews in Scotland and England associated with a comprehensive literature survey of the situation in these countries and in the USA and Canada, four of these key aspects have been identified. An empirical study conducted in secondary schools of the Natal Education Department shows that considerable uncertainty and lack of experience in respect of computerisation in the school still prevails. Furthermore, it is certain that these schools are in danger of repeating the errors which have arisin in other countries. The study concludes with the drawing of conclusions and the making of recommendations which could possibly lead to the avoidance of these pitfalls and result in the enjoyment of the advantages of a well-planned, effective computer-assisted administration and management system.

Description

Thesis (M.Ed.) - University of Natal, 1986.

Keywords

Theses--Education., Computer managed instruction--South Africa., Education--South Africa--Data processing., School management and organization--Data processing.

Citation

DOI